Mary Elizabeth Truss (gebore 26 Julie 1975) is 'n Britse politikus wat van 6 September 2022 tot 25 Oktober 2022 as Eerste minister van die Verenigde Koninkryk gedien het. Sy het te midde van 'n finansiële en politieke krisis bedank. Met 'n ampstermyn van 50 dae in die amp, is sy die kortste dienende eerste minister in die Verenigde Koninkryk se geskiedenis. Sy het voorheen kabinetsposisies beklee onder premiers David Cameron, Theresa May en Boris Johnson, insluitende as buitelandse sekretaris van 2021 tot 2022. Sy was die Parlementslid (LP) vir Suidwes-Norfolk van 2010 tot 2024.
Op 5 September 2022 is sy tot leier van die Konserwatiewe Party verkies nadat Boris Johnson bedank het. Voorheen was sy minister van internasionale handel, minister van buitelandse sake en minister van vroue en gelykheid.
Sy het op 20 Oktober 2022 as leier van die Konserwatiewe Party bedank met die voorneme om die pos van eerste minister prys te gee sodra ’n opvolger gekies is. Sy is deur Rishi Sunak as eerste minister opgevolg.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search