Taylor Alison Swift (gebore 13 Desember 1989) is 'n Amerikaanse country-pop-sangeres en -liedjieskryfster. In 2006 het sy haar gelyknamige debuutalbum vrygestel. Haar tweede album, Fearless, het twee jaar later verskyn en die enkelsnit "Love Story" was die country-lied wat die meeste teen betaling afgelaai is en die eerste country-lied wat die Billboard Mainstream Top 40-ranglys gehaal het. Haar volgende album, "Speak Now", is in 2010 vrygestel. Een van haar liedjies "Today was a Fairytale" is in die fliek "Valentines Day" gebruik en Taylor het self in die fliek gespeel.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search