10 results found for: “president_of_Finland_”.

Request time (Page generated in 0.3527 seconds.)

Finland

Finland (Fins: Suomi, [suo̯mi], luister (hulp·inligting); Sweeds: Finland, [ˈfɪnland], luister (hulp·inligting)), amptelik die Republiek Finland (Fins:...

Last Update: 2024-05-08T20:00:04Z Word Count : 7312

View Rich Text Page View Plain Text Page

President

waar die president slegs die staatshoof is en die Eerste Minister die hoof van die regering is. Lande met sulke stelsels is Namibië, Finland, Duitsland...

Last Update: 2022-07-27T06:07:26Z Word Count : 516

View Rich Text Page View Plain Text Page

Vlag van Finland

1918 tot 1919 Staatsvlag van Finland, 1920 tot 1978 Militêre vlag van Finland, 1920 tot 1978 Vlag van die president van Finland, 1920 tot 1944 en 1946 tot...

Last Update: 2023-07-19T00:34:51Z Word Count : 1436

View Rich Text Page View Plain Text Page

Winteroorlog

Sowjetsko-finskaja woina 1939–1940)) het uitgebreek toe die Sowjetunie Finland op 30 November 1939 aanval, drie maande na die begin van die Tweede Wêreldoorlog...

Last Update: 2024-05-07T20:00:13Z Word Count : 4663

View Rich Text Page View Plain Text Page

Karelies

Besoek op 7 November 2017. (fi) Change in the regulation by the president of Finland about European Charter for Regional or Minority Languages, 27.11...

Last Update: 2020-06-18T03:57:31Z Word Count : 386

View Rich Text Page View Plain Text Page

Sanna Marin

2019 as Finland se Eerste minister dien. Sy is 'n lid van die Sosiale Demokrate van Finland, en is sedert 2015 'n lid van die Parlement van Finland. Sy was...

Last Update: 2023-10-08T08:45:55Z Word Count : 1259

View Rich Text Page View Plain Text Page

Cantores Minores

uit sowat driehonderd 4- tot 25-jarige seuns en jong mans. Die president van Finland dien as hulle beskermheer. Hul repertoire bestaan ​​uit musiek van...

Last Update: 2020-03-03T11:22:40Z Word Count : 114

View Rich Text Page View Plain Text Page

Olimpiese Somerspele 1940

Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is drie dae later aan Helsinki, Finland, toegewys, maar met die uitbreek van die Winteroorlog in 1939 is dit heeltemal...

Last Update: 2020-07-14T05:09:34Z Word Count : 522

View Rich Text Page View Plain Text Page

12 Junie

Teenpous Alexander V) tot kardinaal. 1550 – Helsinki, die hoofstad van Finland, is gestig. 1586 – Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII) word...

Last Update: 2023-09-13T23:26:28Z Word Count : 554

View Rich Text Page View Plain Text Page

Cyril Ramaphosa

adjunk-voorsitter van die Commonwealth Business Council. Saam met die oud-president van Finland, Martti Ahtisaari, is hy aangewys as 'n inspekteur van die Ierse...

Last Update: 2023-09-10T22:01:06Z Word Count : 1259

View Rich Text Page View Plain Text Page

Main result

Finland

Finland (Fins: Suomi, [suo̯mi], ; Sweeds: Finland, [ˈfɪnland], ), amptelik die Republiek Finland (Fins: Suomen tasavalta, Sweeds: Republiken Finland, ), is 'n land in Noord-Europa wat in die ooste aan die Russiese Federasie, in die noordweste aan Swede en in die noorde aan Noorweë grens. Ten suide word dit van Estland geskei deur die Finse Golf. Wes vind mens die Botniese Golf en suidwes die Oossee wat Finland van sy buurland Swede skei. Net in die noordweste het die twee lande 'n gemeenskaplike landgrens. Finland word, net soos Ysland, soms beskryf as 'n Skandinawiese land, hoewel Skandinawië streng gesproke beperk is tot Swede, Noorweë en Denemarke. Ook in taalkundige opsig verskil Finland van sy Skandinawiese buurlande omrede Fins, net soos die nouverwante Esties en ook Hongaars, tot die nie-Indo-Europese Fins-Oegriese taalfamilie behoort. Die huidige Sweedssprekende minderheid van sowat ses persent van die bevolking is 'n erfenis uit die tydperk van die Sweedse heerskappy waaronder Finland tussen 1150 en 1809 gestaan het. Sweedssprekendes vorm in sommige dorpe langs die suid- en ooskus en op die outonome Åland-eilande selfs die meerderheid. 'n Groter aantal dorpe en stede is tweetalig, soos byvoorbeeld Helsinki en Turku, en gebruik Sweedse naas Finse plek- en straatname. Die hoofstad en grootste stad is Helsinki (Helsingfors in Sweeds). Die Finse Republiek het in 1917 totstand gekom nadat die land sedert die twaalfde eeu deur Swede en later Rusland oorheers is. Met sy ligging tussen die 60ste en 70ste noorderbreedtegraad behoort Finland saam met sy Skandinawiese buurlande Noorweë en Swede, en Rusland, tot die mees noordelike lande op die Europese vasteland. Sowat 'n derde van Finland se totale oppervlakte van sowat 338 000 vierkante kilometer lê binne die Arktiese Sirkel. Nogtans het die mees noordelike provinsie Lapland danksy die Noord-Atlantiese Seestroom 'n sagter klimaat as ander gebiede op dieselfde breedtegraad soos Kanada en Siberië. Vanweë hierdie warm seestroom bly Europa se Arktiese kuslyn tydens die winter ook ysvry. Die Finse somers is warm maar kort, met gemiddelde temperature van 17 °C in die hoofstad Helsinki en 13 °C in Lapland. Vanweë die noordelike ligging is die somerdae baie lank, en in die Arktiese gebiede word dit in Junie, wanneer die middernagson skyn, glad nie meer nag nie. Daarenteen is die Finse winters lank en koud, met 'n gemiddelde temperatuur van -6 °C in Helsinki gedurende Januarie, terwyl die dae baie kort is. In koue winters raak die oppervlak van die Oossee oor 'n afstand van enkele kilometer vanaf die kuslyn dikwels bevrore sodat ysbrekers benodig word om die hawens oop te hou. Sneeuvalle is egter gewoonlik nie swaar nie sodat die verkeer selfs in Lapland nie ontwrig word nie. Finland word die "land van 'n duisend mere" genoem. Veral in die suidooste is die land bespikkel met ontelbare mere en meertjies. Baie van Finland se groot stede soos Tampere, Jyväskylä, Kuopio en Lahti, is langs van die groot mere geleë. Die grootste konsentrasie van eilande kan na die suidweste van die land aan die Skeermeer, wat tussen die Finland en die eiland Åland geleë is, gevind word. Die land is 'n demokratiese republiek met 'n direk verkose president, wat maksimaal vir twee ampstermyne van ses jaar mag dien. Finland het in historiese en politieke opsig nou bande met sy buurland Swede. Ná die tweede onafhanklikheid van Estland het Finland ook nou betrekkinge met dié Baltiese land. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Europese Unie, die OESO en die OVSE oorheers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search