13de Dinastie van Egipte

Die 13de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XIII geskryf) het 154 jaar geduur,[1] van omstreeks 1803 tot 1649 v.C.. Dit word meestal saam met die 11de, 12de en 14de Dinastie beskou as die tyd van die Middelryk. Soms word van die 13de tot die 17de Dinastie beskou as die Tweede Oorgangstydperk.

Die 13de Dinastie word beskou as ’n direkte voortsetting van die 12de Dinastie; sy eerste farao was vermoedelik die seun van Amenemhat IV.[1] Kim Ryholt stel voor die oorgang tussen die twee dinastieë weerspieël die opkoms van die onafhanklike 14de Dinastie in die Oos-Delta, en dit het moontlik gedurende Sobekneferoe se bewind gebeur.[1] As direkte erfgename van die konings van die 12de Dinastie het die farao's van die 13de Dinastie van Memphis af oor Middel- en Bo-Egipte regeer. Die mag van die dinastie het progressief afgeneem gedurende die een en ’n half eeu van sy bestaan, en dit is eindelik beëindig net die verowering van Memphis deur die Hyksos-heersers van die 15de Dinastie, omstreeks 1650 v.C.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Kim S. B. Ryholt, The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period, c.1800-1550 B.C., Museum Tusculanum Press 1997, p.197

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search