14de Dinastie van Egipte

Die 14de Dinastie (ook Dinastie XIV geskryf; omstreeks 1725-1650 v.C.) was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk oor die Nyldelta regeer het. Die dinastie se hoofstad was waarskynlik Avaris.[1] Die 14de Dinastie het saam met die 13de Dinastie regeer wat in Memphis gebaseer was. Die heersers was Kanaänities of Wes-Semities as ’n mens kyk na die oorsprong van die farao's se name soos Ipqu, Yakbim, Qareh en Yaqub-Har.[1] Soms word die 14de Dinastie beskou as deel van die Middelryk.

Die chronologiese posisie van die dinastie is onseker en verskil soms tot 75 jaar onder geleerdes.

Die meeste geleerdes stem saam dat ’n hongersnood of dalk ook plaag voorgekom het ná die baie kort bewind van Nehesy wat tot aan die einde van die dinastie kon geheers het.[1][2] Dieselfde hongersnood kon ook die 13de Dinastie geraak het. Die swak toestand van albei dinastieë kan deels verduidelik hoekom hulle geswig het voor die opkomende Hyksos-mag.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ryholt
  2. Manfred Bietak, "Egypt and Canaan During the Middle Bronze Age," BASOR, 281 (1991), pp. 21-72, esp. p. 38, aanlyn beskikbaar

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search