1996-Drienasiesreeks

1996-Drienasies
Datums 6 Julie - 10 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (1 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 19 (3.17 per wedstryd)
Bywoning 248 540 (41 423 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens (69)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Justin Marshall (2)
1997

Die 1996-Drienasiesreeks was die eerste keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 6 Julie tot 10 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.[1]

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[2]

  1. (en) Mick Cleary en John Griffiths, red. (1997). Rothmans Rugby Union Yearbook 1997–98. Londen: Headline Book Publishing. ISBN 0 7472 7732 X.
  2. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search