2013-Rugbykampioenskapreeks

2013-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 17 Augustus - 5 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (12 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 66 (5.5 per wedstryd)
Bywoning 488 133 (40 678 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Morné Steyn (88)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Ben Smith (8)
2012
2014

Die 2013-Rugbykampioenskapsreeks was die tweede jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Augustus tot 5 Oktober 2013 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die twaalfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search