2017-Rugbykampioenskapreeks

2017-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 19 Augustus - 7 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (15 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 87 (7.25 per wedstryd)
Bywoning 367 318 (30 610 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Bernard Foley (80)
Meeste drieë Vlag van Australië Israel Folau
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane (5 elk)
2016
2018

Die 2017-Rugbykampioenskapsreeks was die sesde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Die toernooi het op 19 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika teen Argentinië. Die toernooi het agt weke geduur, met twee weke se loslootjies, en afgesluit op 7 Oktober toe Nieu-Seeland teen Suid-Afrika, en Australië teen Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 15de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search