225088 Gonggong

225088 Gonggong   🝽
Gonggong en sy maan, Xiangliu (rooi sirkel) soos in 2010 gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Ontdekking
Ontdek deur Megan Schwamb
Michael Brown
David Rabinowitz
Palomar-sterrewag (675)
Datum 17 Julie 2007 (aangekondig op 7 Januarie 2009)
Kleinplaneet-benaming225088 Gonggong
Alternatiewe name(225088) 2007 OR10
Kleinplaneet-kategorie SDO[1]
3:10 resonance (DES)[2]
Wentelbaaneienskappe[3]
Afelium 100,84 AE (Q)
Perihelium 33,015 AE (q)
Halwe lengteas 66,925 AE (a)
Wentelperiode 547,51 jaar
Gem. anomalie 104,15° (M)
Baanhelling 30,9434° (i)
Lengteligging van stygende nodus 336,8141° (Ω)
Periheliumhoek 206,81° (ω)
Fisiese eienskappe
Afmetings 1 535+75−225 km[4]
1 280+210−210 km[5]
1 200+300−200 km[6]
Massa ~1,3–6 × 1021 kg (raming)
Sideriese
rotasieperiode
44,81 uur[4]
Temperatuur 31 K[7]
Skynmagnitude 21,8[8]
Absolute magnitude 2,5[3]

225088 Gonggong, voorheen (225088) 2007 OR10, is ’n moontlike dwergplaneet in die verstrooide skyf. Dit het 'n hoogs eksentriese wentelbaan met 'n groot baanhelling wat wissel tussen 34 en 101 AE van die Son af. In 2019 was dit 88 AE ver en was dit die sesde verste voorwerp in die Sonnestelsel. Gonggong is in 'n baanresonansie van 3:10 met Neptunus – dit beteken dit voltooi drie wentelbane in die tyd waarin Neptunus 10 voltooi. Gonggong is in Julie 2007 deur die Amerikaanse sterrekundiges Megan Schwamb, Michael Brown en David Rabinowitz ontdek en die ontdekking is in Januarie 2009 aangekondig.

Met 'n deursnee van sowat 1 230 km is Gonggong omtrent so groot soos Pluto se maan Charon en is dit die vyfde grootste bekende voorwerp in die Sonnestelsel anderkant Neptunus.[4][9][10] Sy massa kan groot genoeg wees dat hy hidrostatiese ewewig bereik het en dit kan dus 'n dwergplaneet wees. Sy groot massa maak 'n dun atmosfeer van metaan ook moontlik, hoewel so 'n atmosfeer langsamerhand in die ruimte sal ontsnap. Die voorwerp is genoem na Gònggōng, 'n Chinese watergod wat vir chaos, vloede en die helling van die Aarde verantwoordelik is. Die ontdekkers het die naam in 2019 gekies ná 'n opname onder die publiek.

Gonggong is rooi, waarskynlik vanweë die teenwoordigheid van organiese verbindings op sy oppervlak wat tolien genoem word. Waterys is ook op sy oppervlak teenwoordig, wat dui op 'n kort tydperk van kriovulkanisme in die verre verlede. Met 'n rotasieperiode van sowat 22 uur draai Gonggong stadiger om sy as as ander trans-Neptunus-voorwerpe, wat gewoonlik rotasieperiodes van minder as 12 uur het. Dié stadige rotasie kan wees as gevolg van getykragte van sy maan, Xiangliu.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MPC
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Buie
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named jpldata
  4. 4,0 4,1 4,2 "Pushing the Limits of K2:Observing Trans-Neptunian Objects S3K2: Solar System Studies with K2" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 5 Julie 2017.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named TNOsCool4
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Brown2011
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PHL
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named AstDys
  9. Pál, A.; Kiss, C.; Müller, T. G.; Molnár, L.; Szabó, R.; Szabó, G. M.; Sárneczky, K.; Kiss, L. L. (19 April 2016). "size and slow rotation of the trans-Neptunian object (225088) 2007 OR10 discovered from Herschel and K2 observations". The Astronomical Journal. 151 (5): 117. doi:10.3847/0004-6256/151/5/117.
  10. Dyches, P. (11 Mei 2016). "2007 OR10: Largest Unnamed World in the Solar System" (in Engels). Jet Propulsion Lab. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 12 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search