2 Pallas

2 Pallas   ⚴


Pallas het ’n groot baanhelling en eksentrisiteit.
Ontdekking [1]
Ontdek deur Heinrich Wilhelm Olbers
Datum 28 Maart 1802
Kleinplaneet-benaming(2) Pallas
Kleinplaneet-kategorie Asteroïdegordel
Pallas
Etimologie Pallas
(Griekse godin)[2]
Wentelbaaneienskappe [3]
Epog 23 Maart 2018
Afelium 3,4119 AE
Perihelium 2,1336 AE
Halwe lengteas 2,7728 AE
Wentelperiode 4,62 jaar
(1 686 dae)
Gem. anomalie 334,32°
Gem. beweging 0° 12m 48.6s / dag
Baanhelling 34,837°
Lengteligging van stygende nodus 173,08°
Periheliumhoek 310,01°
Fisiese eienskappe
Afmetings 550 x 516 x 476 km[4]
Oppervlakte 8,3±0,2×105 km2
Volume 7,1±0,3×107 km3
Massa 2,11±0,26×1020 kg
Gem. digtheid 3,0±0,5 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
≈ 0,21 m/s² (gemiddeld)
Ontsnapping-
snelheid
≈ 0,33 km/s
Rotasieperiode 7,8132 h[5]
Rotasiespoed
by ewenaar
65 m/s
Ashelling 84±5 °[4]
Spektraaltipe: B[3][6]
Skynmagnitude 6,49[7] tot 10,65
Absolute magnitude 4,13[8]
Hoekgrootte 0,629″ tot 0,171″[9]

Pallas (kleinplaneetnaam: 2 Pallas) is die tweede asteroïde wat ontdek is; die eerste een was Ceres. Dit is ook een van die grootste asteroïdes in die Sonnestelsel. Met ’n geraamde massa van 7% van dié van die asteroïdegordel, is dit die een met die derde grootste massa, sowat 10-30% minder as Vesta s'n.[10] Sy deursnee is 512 km, wat ietwat kleiner as Vesta s’n is. Dit is waarskynlik die oorblyfsel van ’n protoplaneet.

Toe Pallas op 28 Maart 1802 deur die Duitse sterrekundige Heinrich Wilhelm Olbers ontdek is, is dit as ’n planeet beskou, nes ander asteroïdes in die vroeë 19de eeu. Die ontdekking van baie asteroïdes ná 1845 het daartoe gelei dat hulle eindelik herklassifiseer is.

Pallas se oppervlak bestaan waarskynlik uit ’n silikaatmateriaal; sy spektrum en geraamde digtheid stem ooreen met dié van koolstofryke chondrietmeteoriete. Sy wentelbaan het ’n ongewoon groot helling van 34,8° tot die vlak van die asteroïdegordel en die eksentrisiteit daarvan is amper so groot soos dié van Pluto. Dit maak Pallas relatief onbereikbaar vir ruimtetuie.

Vanweë Pallas se grootte is hy voorheen as ’n moontlike dwergplaneet beskou, maar hy het nie die ronde vorm van ’n dwergplaneet nie.[4]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MPC-object
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named springer
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named jpldata
  4. 4,0 4,1 4,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Carry2009
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named lcdb
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named tax
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pasachoff1983
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named iras
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named opp1608
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pitjeva05

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search