31ste Dinastie van Egipte

Die 31ste Dinastie (ook Dinastie XXXI geskryf; 343332 v.C.) of Tweede Egiptiese Satrapie was ’n kort tydperk toe Antieke Egipte weer ’n provinsie van die Persiese Ryk was.

Ná ’n tydperk van onafhanklikheid waarin drie inheemse dinastieë (die 28ste, 29ste en 30ste Dinastie) oor Egipte regeer het, het Artaxerxes III van Persië (358-338 v.C.) die Nylvallei vir ’n kort tweede periode herower. Dié sowat ’n dekade was bekend as die 31ste Dinastie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search