66ste Oscar-toekenningsaand

  66ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 21 Maart 1994
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Whoopi Goldberg
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Schindler's List
Meeste pryse  Schindler's List (7)
Meeste benoemings  Schindler's List (12)

Die 66ste Oscar-toekenningsaand is op 21 Maart 1994 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1993. Die aanbieder was Whoopi Goldberg – die eerste vroulike swart Amerikaner wat dié eer te beurt val.

Schindler's List het die aand oorheers met 12 benoemings, waarvan dit sewe gewen het (onder meer die Oscar vir beste rolprent). Dit was die eerste swart-wit prent in 33 jaar wat die Oscar vir beste prent gewen het sedert The Apartment, en die laaste een tot The Artist in 2012.

Nog ’n suksesvolle prent was The Piano, wat agt benoemings gekry en drie Oscars gewen het. Anna Paquin was op 11-jarige ouderdom die tweede jongste wenner van ’n Oscar (naas Tatum O'Neal, wat dit op 10 gewen het). Die regisseur, Jane Campion, was net die tweede vrou wat vir beste regisseur benoem is; sy het nie in dié kategorie gewen nie, maar wel vir beste oorspronklike draaiboek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search