AB de Villiers

AB de Villiers
AB de Villiers in 2009
Volle naam Abraham Benjamin de Villiers
Gebore 17 Februarie 1984 (1984-02-17)
Pretoria, Suid-Afrika
Bynaam(e) AB
Lengte 1,78 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium
Rol Kolwer, paaltjiewagter
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 296) 17 Desember 2004 v Engeland
Laaste Toets 30 Maart 2018 v Australië
Toetshempno. 62
EDI debuut (no 78) 2 Februarie 2005 v Engeland
Laaste EDI 16 Februarie 2018 v Indië
EDI hempno. 17
T20I debuut (no 20) 24 Februarie 2006 v Australië
Laaste T20I 29 Oktober 2017 v Bangladesj
T20I hempno. 17
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2003/04 Noordelikes
2004/05–2017/18 Titane
2008–2010 Delhi Daredevils (spanno. 17)
2011–2021 Royal Challengers Bangalore (spanno. 17)
2016 Barbados Tridents (spanno. 17)
2018 Tshwane Spartans (spanno. 17)
2019 Rangpur Riders (spanno. 17)
2019 Lahore Qalandars (spanno. 17)
2019 Middlesex (spanno. 17)
2019/20 Brisbane Heat (spanno. 17)
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse EDI T20I 1ste rang
Wedstryde 114 228 78 141
Lopies aangeteken 8765 9577 1672 10689
Kolfgemiddeld 50.66 53.50 26.12 49.71
100s/50s 22/46 25/53 0/10 25/60
Hoogste telling 278* 176 79* 278*
Aflewerings geboul 204 192 234
Paaltjies 2 7 2
Boulgemiddeld 52.00 28.85 69.00
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 0
Beste boulontleding 2/22 2/15 2/49
Vangskote/Stonkings 222/5 176/5 65/7 500/6
Bron: ESPNcricinfo, 19 November 2021

Abraham Benjamin (AB) de Villiers (17 Februarie 1984 in Pretoria) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en -kaptein van die Eendag- en T20-span van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2007, 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2006, 2009, 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016 vir Suid-Afrika gespeel. Op 23 Mei 2018 het AB de Villiers sy uittreding uit internasionale krieket aangekondig.[1] In Januarie 2020 het De Villiers egter sy belangstelling uitgespreek om vir die T20I-wêreldbeker 2020 terug te kom,[2] maar later dié jaar is bevestig dat hy dit nie sou doen nie.[3] Op 19 November 2021 het De Villiers sy uittrede uit alle vorme van krieket aangekondig.[4]

  1. (en) Firdose Moonda (23 Mei 2018). "'Tired' AB de Villiers retires from international cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 19 November 2021.
  2. (en) Firdose Moonda (15 Januarie 2020). "Du Plessis keen on de Villiers return before T20 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 19 November 2021.
  3. (en) "AB de Villiers decides 'his retirement will remain final' – CSA". ESPNcricinfo. 18 Mei 2021. Besoek op 19 November 2021.
  4. (en) "AB de Villiers announces retirement from all forms". Internasionale Krieketraad. 19 Mei 2021. Besoek op 19 November 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search