Aartshertog Frans Ferdinand van Oostenryk-Este

Aartshertog Frans Ferdinand
Aartshertog van Oostenryk-Este

Troonopvolger 1875–1914
Voorganger Frans V
Opvolger Karel I
Gebore 18 Desember 1863
Oorlede 28 Junie 1914
Eggenote Sophie, hertogin von Hohenberg
Kinders Prinses Sophie van Hohenberg
Maximilian, Hertog van Hohenberg
Prins Ernst van Hohenberg
Huis Habsburg-Lotaringe
Vader Karel-Lodewyk van Oostenryk
Moeder Maria Annunciata van Bourbon-Sisilië

Frans Ferdinand (18 Desember 1863 – 28 Junie 1914) was ’n aartshertog van Oostenryk-Este, prins van Hongarye en van Boheme, en van 1889 tot met sy dood troonopvolger van Oostenryk-Hongarye.[1] Die sluipmoord op hom in Sarajewo het daartoe gelei dat Oostenryk-Hongarye oorlog teen Serwië verklaar het. Die gevolg was dat die Sentrale Moondhede (insluitende Duitsland en Oostenryk-Hongarye) en die Geallieerdes (bondgenote van Serwië of van Serwië se bondgenote) oorlog teen mekaar verklaar het. Dit was die begin van die Eerste Wêreldoorlog.[2][3][4]

Hy is in Graz, Oostenryk, gebore as die oudste seun van aartshertog Karel Lodewyk van Oostenryk (jonger broer van Frans Josef I van Oostenryk en Maximilian I van Mexiko) en sy tweede vrou, prinses Maria Annunciata van Bourbon-Sisilië. Toe hy 12 jaar oud was, is sy neef Hertog Frans V van Modena oorlede en hy het Frans Ferdinand as sy erfgenaam aangewys op voorwaarde dat hy die naam Este by sy eie voeg. So het Frans Ferdinand die rykste man in Oostenryk geword.

  1. Brook-Shepherd, Gordon (1987). Royal Sunset: The European Dynasties and the Great War. Doubleday. p. 139. ISBN 978-0-385-19849-3.
  2. Marshall, S.L.A. (2001). World War I. Mariner Books. p. 1. ISBN 0-618-05686-6.
  3. Keegan, John (2000). The First World War. Vintage. p. 48. ISBN 0-375-70045-5.
  4. Johnson, Lonnie (1989). Introducing Austria: A Short History (Studies in Austrian Literature, Culture, and Thought). Ariadne Press. pp. 52–54. ISBN 0-929497-03-1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search