Abuja

Abuja


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Nigerië Nigerië
 Administratiewe gewes Federale Hoofstadgebied
 Koördinate 09°04′00″N 07°29′00″O / 9.06667°N 7.48333°O / 9.06667; 7.48333
 Stigting 1976
 Oppervlakte:  
 - Totaal 713 vk km
 Hoogte bo seevlak 490 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 778 567
 - Bevolkingsdigtheid 1 092/vk km
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +1
 Burgemeester (party) Bala Mohammed
 Amptelike webwerf abujacity.com
 Wikimedia Commons Abuja

Abuja is sedert 1991 die hoofstad van die Wes-Afrika-land Nigerië toe dit Lagos vervang het. Dit is geleë in die Federale Hoofstadgebied en in 1976 beplan om die druk op die infrastruktuur van die indertydse hoofstad te verlig. Die stad is gebou in die geografiese middelpunt van die land. In die dekade ná 1980 het regeringskantore hierheen begin verskuif uit Lagos.

Abuja is Nigerië se administratiewe en politieke sentrum. Dit is ook 'n belangrike hoofstad op die Afrika-vasteland weens Nigerië se geo-politieke invloed in streeksake. Abuja is ook 'n konferensiesentrum en hou jaarliks verskeie vergaderings, soos die 2003-staatshoofde van die regering van die Statebond en die 2014 Wêreld-ekonomiese forum.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search