Adam

Hierdie artikel handel oor die Bybelse persoon. Vir ander gebruike, sien Adam (dubbelsinnig).
Adam
Detail van Michelangelo se fresko Skepping van Adam in die Sikstynse Kapel
GeboreGeskape op die 6de dag
Sterfca. 930 ná die skepping van die wêreld
EggenootBybels: Eva
Buite-Bybels: Eva volg op Lilith
KindersBybels: Kain, Abel en Seth (drie seuns)
Buite-Bybels: Awan, Azura, en Luluwa of Aclima (drie dogters)
Adam

Adam betree die Tuin van Eden
Die Patriarg
Vereer in Judaïsme, Christendom, Islam, Baha’i-geloof
Feesdag 24 Desember – Rooms-Katolieke Kerk
Beskermheilige Tuiniers en kleremakers

Adam (Hebreeus: אָדָם, ʾĀḏām; Arabies: آدَم, ʾĀdam; Grieks: Ἀδάμ, Adám; Latyn: Adam) is 'n persoon in Beresjiet/Genesis van die Hebreeuse Bybel en in die skeppingsverhaal in die Koran.[1] Volgens die skeppingsverhaal[2] van die Abrahamitiese gelowe was hy die eerste mens. In beide Beresjiet/Genesis en Koran word Adam en sy vrou uit 'n Tuin van Eden verban, nadat hulle die vrug van 'n deur God (JHWH/Allah) verbode boom geëet het.[3] Baie name verskil egter, net soos die volgorde van gebeure, die gevolge van hierdie ongehoorsaamheid en Adam se latere biografie.

Baie vorms van Kreasionisme en Bybelse literalisme beskou Adam as 'n historiese persoon. Wetenskaplike bewyse ondersteun nie die idee dat die hele menslike bevolking van 'n enkele man afstam nie.[verwysing benodig]

Die woord adam word in die Bybel ook as 'n voornaamwoord gebruik, individueel as "'n mens" en in 'n kollektiewe sin as "die mensdom".[4] Die Bybelse Adam (mens, mensdom) is geskape deur adamah (die aarde), en Beresjiet/Genesis 1–8 beskryf 'n aansienlike stuk van die band tussen hulle, want Adam is deur sy ongehoorsaamheid van die aarde vervreem.[5]

Volgens antieke tradisies beskou die Rooms-Katolieke Kerk Adam saam met Eva as heilige.[6] Die tradisionele liturgiese fees van die heiliges Adam en Eva word sedert die Middeleeue in baie Europese lande soos Duitsland, Estland, Hongarye, Litaue en die Skandinawiese lande op 24 Desember gehou.

  1. Koran 3:59
  2. Womack 2005, p. 81
  3. (en) Behbūdī, Muhammad Bāqir (1997). The Quran: A New Interpretation. Psychology Press. p. 87. ISBN 978-0-7007-0407-1.
  4. Hendel 2000, p. 18.
  5. Hendel 2000, p. 19.
  6. (en) Steve Ray, "St[s]. Adam and Eve, St. Abraham, St. Moses – Did You Know Some Old Testament People Are Saints?", https://www.catholicconvert.com/blog/2019/01/16/st-adam-eve-st-abraham-st-moses-did-you-know-some-old-testament-people-are-saints/ Geargiveer 21 Julie 2019 op Wayback Machine; confer Catechism of the Catholic Church, 61.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search