African National Congress

African National Congress
ANC
Vlag van die African National Congress
Vlag van die African National Congress

Leier Cyril Ramaphosa
Slagspreuk South Africa's National Liberation Movement
Gestig 8 Januarie 1912 (1912-01-08)
Nuusbrief ANC Today
Hoofkwartier Luthulihuis, Sauerstraat 54, Johannesburg, Gauteng
Jeugvleuel ANC-jeugliga
Ideologie Afrika-nasionalisme
Linksgesinde nasionalisme
Sosiale demokrasie
Demokratiese sosialisme
Nasionale affiliasie Tripartite Alliance
Internasionale affiliasie Sosialistiese Internasionaal[1]
Amptelike kleure Swart, groen, goud
Webblad www.anc1912.org.za Edit this at Wikidata

Die African National Congress (ANC) is 'n bevrydingsorganisasie en politieke party wat Suid-Afrika sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994 regeer. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar.

Ná die algemene verkiesing van 2024 het die ANC vir die eerste keer in Suid-Afrika se demokratiese geskiedenis sy meerderheid in die parlement verloor. Dit bly steeds die grootste party, met minder as 41% van die stemme. [2] Die party het ook sy meerderheid in Kwa-Zulu Natal, Gauteng en Noord-Kaap verloor. Ten spyte van hierdie terugslae het die ANC mag op nasionale vlak behou deur 'n groot koalisie waarna verwys word as ‘n Regering van Nasionale Eenheid, insluitend partye wat saam 72% van die setels in die Parlement het.[3]

  1. (en) "Full Member Parties of Socialist International". Socialist International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020.
  2. "In a historic election, South Africa's ANC loses majority for the first time". NPR. 1 Junie 2024. Besoek op 1 Junie 2024.
  3. Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024). "ANC and DA agree on South Africa unity government". BBC News. Besoek op 14 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search