Afrikaanse Wikipedia

Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Die gemeenskap
Opgerig 16 November 2001
Huidige status Aktief
URL af.wikipedia.org

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia ("vrye" verwys in hierdie geval na die kopievrye lisensiëring van die projek). Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is.[1] Dit beskik tans oor ongeveer 117 030 artikels en is die 69ste grootste Wikipedia volgens die aantal artikels.[2] Die Afrikaanse Wikipedia was in 2020 die derde mees geslagsgelyke Wikipedia van alle taalweergawes in verband met die aantal biografiese artikels per geslag.[3] Benewens Suid-Afrika en Namibië word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië.

Die Afrikaanse Wikipedia het tans 394 294 bladsye, waarvan 117 030 artikels is. Dit het 176 369 geregistreerde gebruikers, waarvan 179 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 2 670 225 wysigings aangebring en 9 732 lêers opgelaai.

Die Wikipedia gebruik tans MediaWiki weergawe 1.43.0-wmf.7 (b6ef248).[4]

Google Translate gebruik die Afrikaanse Wikipedia as korpus om sy vertaalmodel op te lei.[5]

  1. Wikipedia:2001, English-language Wikipedia (16 Desember 2006)
  2. Meta-Wiki's list of language Wikipedias ordered by size
  3. "Gender Gap in Wikidata". Denelezh. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op 19 April 2020.
  4. Huidige weergawe aangedui
  5. Senekal, Burgert; Brokensha, Susan (2023). "The potential of artificial intelligence (AI) for decolonising education in South Africa through the development of indigenous languages" [Die potensiaal van kunsmatige intelligensie (KI) vir die dekolonisering van onderwys in Suid-Afrika deur die ontwikkeling van inheemse tale]. South African Journal of African Languages. 43 (3): 208–215. An initiative that significantly improved the accuracy of Afrikaans through Google Translate was the drive by the SA Academy for Science and the Arts to expand the Afrikaans Wikipedia. In 2016, Pretorius (2016) called for expanding the Afrikaans Wikipedia. The SA Akademie vir Wetenskap en Kuns echoed this call and offered training sessions. The call was answered by numerous Afrikaans enthusiasts, which resulted in the expansion of the Afrikaans Wikipedia to the more than 100 000 articles currently available (see Table 1). The expansion contributed to the massive linguistic corpus that Google Translate needs to improve its accuracy. ['n Inisiatief wat die akkuraatheid van Afrikaans op Google Translate aansienlik verbeter het, was die veldtog van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om die Afrikaanse Wikipedia uit te brei. Pretorius (2016) het in 2016 'n beroep gedoen op die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hierdie oproep beaam en opleidingsessies aangebied. Die oproep is deur talle Afrikaanssprekende entoesiaste beantwoord, wat gelei het tot die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia na die meer as 100 000 artikels wat tans beskikbaar is (sien Tabel 1). Die uitbreiding het bygedra tot die massiewe linguistieke korpus wat Google Translate nodig het om die akkuraatheid daarvan te verbeter.]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search