Agterdek (sterrebeeld)

Agterdek
Latynse naam Puppis
Genitief Puppis
Afkorting Pup
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 7,5h
Deklinasie -30º
Grootte 673 vk. grade (20ste)
Kwadrant SQ2
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Zeta Puppis (Naos)
Naaste ster LHS 1989
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 3
Messier-voorwerpe 3
Bayer-/Flamsteed-sterre 76
Simboliek Agterdek van ’n skip
Meteoorreëns Pi Puppids, Zeta Puppids, Puppid-Velids
Aangrensende sterrebeelde
Eenhoring, Kompas, Seile, Kiel, Skilder, Duif, Groot Hond, Noordelike Waterslang
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Agterdek of Agterskip (Latyn: Puppis) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig die agterdek van ’n skip en sy stuurhuise. Dit was oorspronklik deel van ’n groot sterrebeeld, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), wat eeue later verdeel is in drie dele – die ander twee is die Kiel en die Seile. Die Agterdek is die grootste van die drie sterrebeelde in vierkante grade.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search