Air France-vlug 4590

Air France-vlug 4590
Die verongelukte vliegtuig
Die verongelukte vliegtuig
Datum 25 Julie 2000
Oorsaak Vreemde voorwerp-skade veroorsaak deur onderdeelskade op DC-10
Plek van ramp Gonesse, Frankryk
Sterftes 109 + nog 4 op die grond
Beserings 1
Vliegtuigtipe Aerospatiale-BAC Concorde 101
Vliegtuigstertnommer F-BTSC
Oorsprong Lughawe Parys-Charles de Gaulle
Bestemming John F. Kennedy Internasionale Lughawe
Passasiers 100
Bemanning 9
Oorlewendes 0

Air France-vlug 4590 was 'n Concorde-vlug wat deur Air France onderneem is van die Charles de Gaulle-lughawe naby Parys, Frankryk, na John F. Kennedy Internasionale Lughawe in New York, VSA. Op 25 Julie 2000 het dit neergestort op 'n hotel in Gonesse, Frankryk. Al honderd passasiers en nege bemanningslede aan boord het gesterf. Op die grond is vier mense dood en een ernstig beseer.[1] Die vlug is gehuur deur die Duitse maatskappy Peter Deilmann Cruises; die passasiers was almal op pad na die MS Deutschland boot in New Yorkstad vir 'n 16-dag-vaart na Manta, Ecuador.

Dit was die enigste noodlottige ongeluk tydens die Concorde se 27 jaar operasionele geskiedenis.

  1. 'Black boxes' recovered at Concorde crash site. CNN. 25 Julie 2000. URL besoek op 3 Junie 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search