Akko

Akko
עכו
عكا

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Israel Israel
 Distrik Noordelike
 Koördinate 32°55′40″N 35°04′54″O / 32.92778°N 35.08167°O / 32.92778; 35.08167
 Gestig op 16de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 13,533 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 46 300
 - Bevolkingsdigtheid 3 421/vk km
 Tydsone UTC +2
 Burgemeester Shimon Lankri
 Amptelike webwerf akko.muni.il

Akko (ook wel Acre), Hebreeus: עכו , ‘Akkô, Arabies: عكا , Akka, is 'n stad in Noord-Israel met 46 300 inwoners (2006). Die ou stadskern lê op 'n klein landtong in die noordelike deel van die Baai van Hefa (Haifa) en word nog steeds deur 'n ou versterking omring. Sy inwoners is hoofsaaklik van Arabiese herkoms, terwyl die nuwe buurte van die stad deur Joodse Israeli's bewoon word.

Tydens die kruistogte veg Islamitiese en Christelike leërs om die heerskappy oor Akko, wat destyds vanweë die bloedige gevegte as die "Kerkhof van die Christendom" bekend staan.

Die yster- en ander nywerhede het nou die belangrikste ekonomiese basis geword, terwyl die hawe vandag slegs 'n klein rol speel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search