Akwaduk

Pont du Gard, Frankryk, ’n antieke Romeinse akwaduk wat omstreeks 19 v.C. gebou is.

’n Akwaduk is ’n kanaal waarmee water vervoer word. In die moderne ingenieurswese word die term vir enige stelsel pype, slote, kanale of tonnels vir dié doel gebruik.[1] In ’n nouer sin word die woord "akwaduk" gebruik vir brûe vir waterleiding – in plaas van ’n pad, spoor, ens. – oor ’n gaping. Dit is afgelei van die Latynse woorde aqua ("water") en ducere ("om te lei").

  1. "aqueduct", Britannica CD 2000

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search