Alderney

Alderney (Engels)
Aurigny (Frans)
Aoeur'gny (Auregnais)
Wapen van Alderney
(Vlag van Alderney) (Landswapen van Alderney)
Volkslied: God Save the Queen
Ligging van Alderney
Ligging van Alderney
Amptelike tale Engels, Frans en Auregnais
Hoofstad Saint Anne
49° 43' N, 2° 12' W
Grootste stad Saint Anne
Politieke bedeling Britse Kroongebied
Regeringsvorm Selfregering deur Statevergadering
Hertogin van Normandië Koningin Elizabeth II
Luitenant-Goewerneur van Alderney Sir Norman Browse
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water

10 km²
-%
Bevolking
 - Bevolkingsdigtheid

2 400
240/km²
Geldeenheid Pond Sterling van Guernsey
Tydsone UTC
Internet TLD .gg

Alderney (Engels: Alderney, Frans: Aurigny, Auregnais: Aoeur'gny) is een van die kleine Kanaaleilande digby die kus van Noord-Frankryk en net soos die eiland Man 'n besitting van die Britse Kroon, wat nie deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie. Die eiland met 'n oppervlak van 10 vierkante kilometer het sowat 2400 inwoners.

Die eiland is 'n oorblyfsel van die historiese hertogdom van Normandië, en die plaaslike Frans-Normandiese dialek Auregnais word as streektaal erken. Engels en Frans is die amptelike tale. Frans bly tot die jaar 1946 'n amptelike taal van die regering, maar sy gebruik is vandag beperk tot 'n aantal seremonies soos die gebed voor die opening van die Statevergadering. Frans is egter 'n verpligte skoolvak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search