Alfred Kinsey | |
![]() | |
Kinsey in Frankfurt, November 1955.
| |
Geboortenaam | Alfred Charles Kinsey |
---|---|
Gebore | Hoboken, New Jersey, VSA | 23 Junie 1894
Oorlede | 25 Augustus 1956 (op 62) Bloomington, Indiana, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Vakgebied | Biologie |
Instelling(s) | Indiana-universiteit |
Alma mater | Bowdoin-kollege Harvard-universiteit |
Bekend vir | Seksuologie en menslike seksualiteit: Kinsey-verslae, Kinsey-skaal |
Alfred Charles Kinsey (23 Junie 1894 – 25 Augustus 1956) was ’n Amerikaanse bioloog, ’n professor in entomologie en soölogie, en ’n seksuoloog wat in 1947 die Instituut vir Seksnavoring aan die Indiana-universiteit gestig het;[1] dit is nou bekend as die Kinsey-instituut vir Navorsing in Seks, Gender en Voortplanting. Hy is veral bekend vir die skryf van Sexual Behavior in the Human Male (1948) en Sexual Behavior in the Human Female (1953), ook bekend as die Kinsey-verslae, sowel as vir die Kinsey-skaal. Kinsey se navorsing oor menslike seksualiteit, wat tot die veld seksuologie gelei het, was in die 1940's en 1950's baie omstrede. Sy werk het sosiale en kulturele waardes in die VSA én wêreldwyd beïnvloed.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search