Alkeen

Buteen

'n Alkeen is 'n koolwaterstofverbinding wat 'n dubbelbinding tussen twee koolstofatome bevat. Hierdie dubbelbinding het tot gevolg dat alkene onversadigde verbindings is, en makliker as alkane reageer, wat versadigde verbindings is. Alkene vorm 'n homoloë reeks met die algemene formule CnH2n, en hul name word afgelei van die ooreenstemmende alkaan, maar met 'n -een-agtervoegsel pleks van -aan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search