Alkohol

Die hidroksiel (OH) funksionele groep in 'n alkohol-molekule.
Bal-en-stok model van die hidroksiel (OH) funksionele groep in 'n alkohol-molekule.

Alkohol is 'n koolwaterstofderivaat ('n organiese koolwaterstofverbinding wat ook ander elemente as koolstof (C) en waterstof (H) bevat) met die kenmerkende -OH-groep (hidroksielgroep) wat aan 'n koolstofatoom verbind is, en wat die algemene formule CnH2n+1OH of CnH2n+2O het. Die IUPAC-name van verbindings in hierdie homoloë reeks word van die ooreenstemmende alkane afgelei; die -aan-agtervoegsel word bloot met -anol vervang. Alkohole met twee of drie OH-groepe word onderskeidelik diole en triole genoem.

Alkohole kan word onderverdeel in drie kategorieë:

  • Primêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met slegs een ander C-atoom verbind is.
  • Sekondêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met twee ander C-atome verbind is.
  • Tersiêre alkohole: 'n Alkohol waarvan die C-atoom wat aan die OH-groep verbind is, met drie ander C-atome verbind is.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search