Allerheilige (Latyn: Festum Omnium Sanctorum, letterlik: "Fees van al die heiliges") is 'n Christelike stille fees ter herdenking van al die heiliges – reeds bekendes en nog onbekendes.[1] In die Rooms-Katolieke Kerk se liturgiese jaar word die fees op 1 November gehou en in die Oosters-Ortodokse Kerk op die eerste Sondag ná Pinkster.[2] Oriëntale Ortodokse kerke van Chaldea en verbonde Oos-Katolieke kerke herdenk Allerheilige op die eerste Vrydag ná Paasfees.[3]
Op die vooraand van Allerheilige word Halloween gevier, oorspronklik as herdenking van die dooies.[4] Op die dag na Allerheilige word Allersiele ter herdenking van al die oorledene gelowiges gehou.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search