Alpha Apodis

Alpha Apodis
Ligging van α Apodis (in rooi sirkel).
Ligging van α Apodis (in rooi sirkel).
Sterrebeeld Paradysvoël
Spektraaltipe K2,5 III
Soort Reusester
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 14h 47m 51.71203s[1]
Deklinasie −79° 02′ 41.1032″[1]
Skynmagnitude (m) 3,825[2]
Absolute magnitude (M) −1,67[3]
B-V-kleurindeks  +1,43[4]
U-B-kleurindeks  +1,68[4]
Besonderhede
Radius (R) 48[5]
Ligsterkte (L) 928[6]
Temperatuur (K) 4 312[6]
Ander name
α Aps, CPD−78°893, FK5 542, HD 129078, HIP 72370, HR 5470, SAO 257193.
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Apodis (ook bekend as α Apodis of α Aps) is die helderste ster in die sterrebeeld Paradysvoël (Apus), met ’n skynbare magnitude van 3,825. Met ’n deklinasie van -79° is dit ’n sirkumpolêre ster in ’n groot deel van die Suidelike Halfrond. Dit kan snags uitgeken word deur ’n denkbeeldige lyn deur Alpha Centauri en Alpha Circini te trek en dit tot by die hemelsuidpool te verleng.[7]

Dit is ’n K-tipe reusester van spektraaltipe K2,5 III, wat daarop dui dat dit die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg het. Dit het uitgesit tot 48 keer die sonradius en straal 980 soveel lig uit as die Son. Die fotosfeer het ’n effektiewe temperatuur van 4 256 K en dit het dus die tipiese oranje skynsel van K-tipe sterre.[8]

Die ster is sowat 430 ligjare van die Sonnestelsel af.[9] Dit is onduidelik of dit ’n metgeselster het.

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named SIMBAD
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cardini2005
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named clpl4_99
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa367_521
  6. 6,0 6,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Mcdonald2012
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named moore2000
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named csiro
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named DR2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search