Andries Pretorius

Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius
Andries Pretorius

Andries Pretorius

Geboortedatum 27 November 1798
Geboorteplek Graaff-Reinet
Sterfdatum 23 Julie 1853 (54 jaar oud)
Sterfplek Grootplaats
Lojaliteit Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek
Natalia Republiek
Voortrekkers
Jare in diens 1838–1852
Rang Kommandant-generaal
Poste beklee Transvaal en Oranjerivier
Veldslae/oorloë Slag van Bloedrivier
Slag van Boomplaats
Familie Marthinus Wessel Pretorius (seun)

Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (27 November 1798 Graaff-Reinet – 23 Julie 1853 Grootplaats, distrik Pretoria) was 'n Voortrekkerleier wat 'n belangrike rol gespeel het in die vestiging van die Zuid-Afrikaansche Republiek, sowel as die vroeëre, maar kortstondige Natalia Republiek in Suid-Afrika. Hy was ook 'n sleutelfiguur in die Slag van Bloedrivier. Die adminstratiewe hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria, is na Andries Pretorius genoem. Sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, was Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat.[1]

  1. Die Groot Trek Geargiveer 5 Maart 2007 op Wayback Machine, Dr L. E. Oberholster, Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius Deel 1[dooie skakel], besoek op 24 Februarie 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search