Antares

Antares
Antares se ligging (in die rooi sirkel).
Antares se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Skerpioen
Bayer-naam Alpha Scorpii
Spektraaltipe M1,5 Iab-Ib[1] + B2,5 V[2]
Soort Superreus/Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 16h 29m 24.45970s[3]
Deklinasie -26° 25′ 55.2094″[3]
Skynmagnitude (m) 0,6-1,6[4] + 5,5[5]
Absolute magnitude (M) -5,28[6] (wissel)
B-V-kleurindeks  +1,83[5]
U-B-kleurindeks  +1,34[5]
Besonderhede
Komponent 1 A
Massa (M) 11-14,3[7]
Radius (R) 680[7]-800[8]
Ligsterkte (L) 75 900+53 000−31 200[9]
Temperatuur (K) 3 660±120[7]
Rotasiespoed (km/s) 20[5]
Komponent 2 B
Massa (M) 7,2[10]
Radius (R) 5,2[10]
Ligsterkte (L) 2 754[10]
Temperatuur (K) 18 500[11]
Rotasiespoed (km/s) 250[10]
Eienskappe
Ouderdom (jaar) 15±5 miljoen[7] /
Veranderlikheid Stadig onreëlmatig[4]
Ander name
21 Scorpii, Cor Scorpii, Kalb al Akrab,
HR 6134, CD−26°11359, HIP 80763,
SAO 184415, FK5 616, WDS 16294-2626,
CCDM J16294-2626
A: HD 148478, AAVSO 1623-26
B: HD 148479
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Antares (onder meer ook genoem Alpha Scorpii of α Sco) is gemiddeld die 15de helderste ster in die naglug en die helderste ligpunt in die sterrebeeld Skerpioen (Scorpius). Dit lyk rooi wanneer met die blote oog daarna gekyk word; dit is ’n stadige onreëlmatige veranderlike waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0,6 en 1,6.

Dit word geklassifiseer as ’n ster van spektraaltipe M1,5 Iab-Ib en is dus ’n groot, geëvolueerde superreus. Sy presiese grootte is onseker, maar as dit in die middel van die Sonnestelsel geplaas kan word, sal dit strek tot tussen die wentelbane van Mars en Jupiter. Sy massa is sowat 12 keer dié van die Son.

Antares is die helderste, swaarste en mees geëvolueerde lid van die naaste OB-assosiasie, die Scorpius-Centaurus-assosiasie. Antares is lid van die subgroep Bo-Scorpius van die assosiasie, wat duisende sterre met ’n gemiddelde ouderdom van 11 miljoen jaar bevat. Dit is sowat 170 ligjare van die Son af.

Antares lyk soos ’n enkelster wanneer met die blote oog daarna gekyk word, maar dit is eintlik ’n dubbelster wat uit twee komponente, α Scorpii A en α Scorpii B, bestaan. Die helderste van die twee sterre is die rooi superreus, terwyl die dowwer ster ’n warm hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 5,5 is.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named perkins
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_1_229
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kiss
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hr
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Buick2010
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ohnaka2013
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named vsots
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pecaut
  10. 10,0 10,1 10,2 10,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named antaresb
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa465_2_593

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search