Antibes

Antibes

Antíbol (Provensaals)
Stad
Antibes in die winter, met die Vooralpe in die agtergrond
Antibes in die winter, met die Vooralpe in die agtergrond
Wapen van Antibes
Wapen
Antibes is in Frankryk
Antibes
Antibes
Koördinate: 43°43′51″N 7°07′26″O / 43.73083°N 7.12389°O / 43.73083; 7.12389
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Provence-Alpes-Côte d'Azur
Département Alpes-Maritimes
ArrondissementGrasse
KantonSetel van 3 kantonne: Antibes-1, Antibes-2, Antibes-3
Stigting340 v.C.
Regering
 • BurgemeesterJean Leonetti
Oppervlak
 • Totaal26,48 km2 (10,22 vk. myl)
Hoogte
0–163 m (0–535 ft)
Bevolking
 • Totaal73 438
 • Digtheid2 800/km2 (7 200/vk. myl)
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Poskode
06004/06600
Skakelkodes06004
Webwerfantibesjuanlespins.com

Antibes is 'n stad in die département Alpes-Maritimes in die suidooste van Frankryk, geleë aan die voet van die Alpe en langs die Côte d'Azur of Franse Riviera, tussen Cannes in die ooste en Nice in die weste, met sowat 73 000 inwoners. Gedurende die somermaande huisves die stad daarnaas sowat 200 000 toeriste.[1] Die stad is naby die grootpad Autoroute 8 ("La Provençale"), die spoorweg tussen Marseille en Monaco en die lughawe van Nice geleë.

Antibes het saam met die strandoord Juan-les-Pins, een van sy kwartiere wat oorspronklik 'n klein vissershawe was, en sy see- en jaghawe Port Vauban (die grootste jaghawe in Europa) in die vroeë 20ste eeu tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel. Antibes – een van die oudste nedersettings langs die Côte d'Azur – staan veral bekend vir sy historiese middestad wat 'n deur goed bewaarde 16de eeuse stadsmuur en versterkings omring word. Die stervormige vesting Fort Carré is tans 'n gewilde uitsigpunt bo-oor die jaghawe met sy luukse en megajagte.

Die beboste skiereiland Kaap Antibes (Cap d'Antibes) skei Antibes van Juan-les-Pins, 'n elegante strandoord wat vir sy naglewe en sy musiekfees Jazz à Juan bekendstaan.

  1. (fr) Antibes Juan-les-Pins: Antibes Juan-les-Pins aujourd'hui. Besoek op 28 Augustus 2019

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search