Aramese alfabet

Aramese alfabet
Tweetalige Aramese en Griekse inskripsie, 3de eeu v.C.
Tweetalige Aramese en Griekse inskripsie, 3de eeu v.C.
Soort skryfstelsel   Abjad
Tyd gebruik 800 v.C. - 600 n.C.
Rigting Regs na links
Tale Aramees, Hebreeus, Siries, Mandees
Stelsels
Moederstelsels
ISO 15924 Armi, 124
Unicode Imperial Aramaic, U+10840–U+1085F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Aramese alfabet is ’n aanpassing van die Fenisiese alfabet en het teen die 8ste eeu v.C. as ’n aparte alfabet ontwikkel. Die letters stel almal konsonante voor en dit is dus nie ’n volwaardige alfabet nie, maar ’n abjad.

Die Aramese alfabet is histories belangrik omdat feitlik alle moderne Midde-Oosterse skryfstelsels asook baie stelsels van Sentraal- en Oos-Asië terugherlei kan word daarheen. Dit is hoofsaaklik omdat die taal Aramees wydverspreid voorgekom het en ook die amptelike taal was van die Nieu-Assiriese Ryk en sy voorloper, die Achaemenidiese Ryk. Tussen die skrifte wat vandag gebruik word, is die Hebreeuse alfabet die naaste aan die Keiserlike Aramese skryfstelsel van die 5de eeu v.C..


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search