Ards-skiereiland



Ards-skiereiland

Leithinis na hArda (Iers)
Tha Airds (Ulster-Skots)


Ligging

Noord-Ierland


Graafskap

Down


Staat
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk

Strangford Lough ná 'n reënbui

Die Ards-skiereiland (afgelei van Iers: nAird Uladh, "skiereiland van die Ulstermanne") is 'n skiereiland in die graafskap Down, Noord-Ierland wat die Strangford Lough van die Noordkanaal (Engels: North Channel), die seestraat tussen Noord-Ierland en Skotland, skei.

Die skiereiland bestaan uit laagliggende terrein. Van Ierland se vrugbaarste landboustreke word in die noorde van die Ards-skiereiland aangetref waar hoofsaaklik koring en gars verbou word. Die landskap in die suide word oorheers deur weivelde, witgekalkte kothuise en nou, kronkelende paaie. Die oostelike kuslyn lok besoekers met uitgestrekte sandstrande.[1]

'n Aantal nedersettings is op die skiereiland geleë, waaronder kusdorpe soos Donaghadee, Greyabbey en Kearney. Newtownards in die noorde van die skiereiland is die grootste nedersetting in die gebied met 'n bevolking van 28 000.

  1. Lonely Planet: Northern Ireland - Ards Peninsula. Besoek op 15 Augustus 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search