Artemis

Artemis
Griekse Olimpiese godin
Die Diana van Versaille, ’n Romeinse kopie van ’n Griekse beeld deur Leochares (Louvre).
Die Diana van Versaille, ’n Romeinse kopie van ’n Griekse beeld deur Leochares (Louvre).
Naam Artemis
Godin van Die jag, woude en heuwels, die Maan
Simbool Pyl en boog
Ouers Zeus en Leto
Broer Apollo
Romeinse eweknie Diana

Artemis (Grieks: Ἄρτεμις) was een van die gode in die Griekse mitologie wat die wydste aanbid is. Sy was een van die twaalf Olimpiese gode: die dogter van Zeus en Leto en die suster van Apollo.

Sy was die godin van die jag, woude en heuwels, die maan, geboorte, maagdelikheid en vrugbaarheid, en word dikwels in die kuns uitgebeeld as ’n jagter met ’n pyl en boog.[1] Die hert en sipres was vir haar heilig. In latere mites het sy selfs die antieke rol van Eileitia oorgeneem en gehelp met geboortes.

Artemis is later verbind met Selene,[2] ’n Titaan wat ’n Griekse maangodin was en soms uitgebeeld is met ’n halfmaan bo haar kop. Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Diana.[3]

  1. Hammond and Scullard (redakteurs), The Oxford Classical Dictionary. (Oxford: Clarendon Press, 1970) 126.
  2. Hammond, Oxford Classical Dictionary, 970-971.
  3. Hammond, Oxford Classical Dictionary, 337-338.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search