Asimptotiese reusetak

Sterre in verskillende stadiums van evolusie op die HR-diagram. ART-sterre word as sulks aangedui in die geval van 2 sonmassas.

Die asimptotiese reusetak is die streek op die Hertzsprung-Russell-diagram waar sterre met ’n lae en medium massa (0,6–10 sonmassas) laat in hul evolusie voorkom.

’n Ster op die asimptotiese reusetak (ART) lyk soos ’n helder rooireus met ’n ligsterkte van duisende kere soveel as dié van die Son. Sy interne struktuur word gekenmerk deur ’n sentrale en onaktiewe kern van koolstof en suurstof, ’n laag waar helium fusie ondergaan om koolstof te vorm (heliumverbranding), nog ’n laag waar waterstof fusie ondergaan om helium te vorm (waterstofverbranding) en ’n baie groot omhulsel van materiaal waarvan die samestelling ooreenstem met dié van hoofreekssterre.[1]

  1. Lattanzio J. and Forestini, M. (1998), Nucleosynthesis in AGB Stars, IAU Symposium on AGB Stars, Montpellier

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search