Astrobiologie

Nukleïensure is dalk nie die enigste biomolekules in die heelal wat boustene vir lewe bevat nie.[1]

Astrobiologie is die studie van die oorsprong, evolusie, verspreiding en toekoms van lewe in die heelal: aardse sowel as buiteaardse lewe. Dit omsluit die soeke na bewoonbare omgewings in die Sonnestelsel en op eksoplanete (planete buite die Sonnestelsel), en na bewyse van prebiotiese chemie; laboratorium- en veldnavorsing oor die oorsprong en vroeë evolusie van lewe op Aarde; en studies oor die moontlike aanpassing van lewe by uitdagings op Aarde en in die buitenste ruim.[2] Dit ondersoek die kwessie of lewe buite die Aarde bestaan en hoe die mens dit kan opspoor as dit wel bestaan.[3] Die term eksobiologie is soortgelyk, maar meer spesifiek – dit handel oor die soeke na lewe buite die Aarde en die uitwerking van buiteaardse omgewings op lewende organismes.[4]

  1. "Launching the Alien Debates (deel 1 van 7)". Astrobiology Magazine (in Engels). Nasa. 8 Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 5 Mei 2014.
  2. Cockell, Charles S. (4 Oktober 2012). "How the search for aliens can help sustain life on Earth". CNN News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2016. Besoek op 8 Oktober 2012.
  3. "About Astrobiology". NASA Astrobiology Institute (in Engels). Nasa. 21 Januarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2008. Besoek op 20 Oktober 2008.
  4. Mirriam Webster Dictionary entry "Exobiology" (URL besoek op 11 April 2013)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search