Australopithecus africanus

Australopithecus africanus
Tydperk: Plioseen
~3.03–2.04 m. jaar gelede
’n Namaaksel van die Taung-kind
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Au. africanus
Binomiale naam
Australopithecus africanus
(Dart, 1925)[1]

Australopithecus africanus was ’n vroeë hominied van die genus Australopithecus wat tussen sowat 3,03 en 2,04 miljoen jaar gelede in die laat-Plioseen en vroeë Pleistoseen geleef het.[2] Nes die ouer Australopithecus afarensis was Au. africanus fyn gebou en daar word geglo dit was ’n direkte voorouer van die moderne mens. Uit fossieloorblyfsels blyk Au. africanus het baie meer met die moderne mens ooreengestem as Au. afarensis, met ’n meer mensagtige kopbeen wat plek gehad het vir ’n groter brein en meer menslike gelaatstrekke. Au. africanus is nog net op vier plekke in Suider-Afrika gevind – Taung (1924), Sterkfontein (1935), Makapansgat (1948) en Gladysvale (1992).[1]

  1. 1,0 1,1 "Australopithecus africanus". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2006. Besoek op 25 Januarie 2014.
  2. "Human Ancestors Hall: Tree". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2005. Besoek op 25 Januarie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search