Baie Groot Teleskoop

Baie Groot Teleskoop
Die vier teleskoopeenhede wat saam met hulpteleskope die BGT vorm.
Die vier teleskoopeenhede wat saam met hulpteleskope die BGT vorm.
Ander naam  Very Large Telescope
Sterrewag  Paranal-sterrewag
Tipe  Optiese teleskoop
Ritchey-Chrétien teleskoop
Organisasie  Europese Suidelike Sterrewag
Eerste lig  1998
Webtuiste  www.eso.org/public/teles-instr/vlt
Ligging
Plek  Atacamawoestyn, Chili
Hoogte  2 635 m (8 645 vt)
Koördinate  24°37′38″S 70°24′15″W / 24.62722°S 70.40417°W / -24.62722; -70.40417
Tegniese besonderhede
Deursnee  4 x 8,2-meter Unit Telescopes (UT)
4 x 1,8-meter beweeglike Auxiliary Telescopes (AT)
Montering  Altasimut
Fokuslengte  120 m (393 vt 8 in)
Golflengte  300 nm – 20 μm
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Baie Groot Teleskoop of BGT (Engels: Very Large Telescope of VLT) is ’n teleskoopaanleg van die Europese Suidelike Sterrewag in die Atacamawoestyn van Noord-Chili. Die BGT bestaan uit vier individuele teleskope, elk met ’n primêre spieël van 8,2 m breed; hulle word gewoonlik apart gebruik, maar kan ook saam ingespan word om ’n baie hoë hoekresolusie te behaal.[1] Die vier aparte teleskope is bekend as Antu (Son), Kueyen (Maan), Melipal (Suiderkruis) en Yepun (Aandster), wat alles woorde is in Mapudungun, die taal van die streek se Mapuche-volk. Die teleskope vorm ’n versameling wat aangevul word deur vier beweeglike hulpteleskope met ’n lensopening van 1,8 m.

  1. "The Very Large Telescope" (in Engels). ESO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2013. Besoek op 5 Augustus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search