Bakoe

Bakoe
Bakı

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan
 Administratiewe verdeling 12 stadsdistrikte
 Koördinate 40°23′N 49°52′E / 40.383°N 49.867°O / 40.383; 49.867
 Stigting 6de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 130 vk km
 Hoogte bo seevlak - 28 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 2 168 815[1]
 - Bevolkingsdigtheid 900/vk km
 Tydsone AZT / UTC +4
 - Somertyd AZST / UTC +5
 Burgemeester Hajibala Abutalybov
 Amptelike webwerf baku-ih.gov.az

Bakoe (Azerbeidjans: Bakı [bɑˈcɯ]) is die hoofstad en grootste stad van Azerbeidjan. Die stad is in die ooste van die land aan die Kaspiese See geleë.

Met 'n oppervlakte van 2 130 km² en 'n bevolking van meer as twee miljoen in 2011 is Bakoe die grootste stad in Azerbeidjan en die hele Kaukasus-streek. Met 'n verskeidenheid universiteite en ander tersiêre onderwysinstellings, navorsingsinstitute, teaters en museums fungeer die stad as die opvoedkundige en kulturele sentrum van Azerbeidjan.

Vanweë sy ligging langs 'n aantal beduidende handelspaaie het Bakoe al vroeg in sy geskiedenis 'n beduidende rol in die Kaukasus-streek gespeel. Sy ryk kulturele erfenis van paleise, moskees en vestings in die geskiedkundige ou stad het grotendeels bewaar gebly en in 2000 die status van Unesco-wêrelderfenisgebied gekry.

Danksy sy ligging te midde van 'n belangrike olieveld vorm Bakoe die middelpunt van Azerbeidjan se pyplynstelsel en beskik daarnaas oor 'n beduidende seehawe vir die uitvoer van ru-olie.

  1. (az) "Bakı şəhəri – Azərbaycan Dövlət Statistika Komitəsi (Azstat)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2012. Besoek op 2 Februarie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search