Baltiese Duitsers

Baltiese Duitsers
Deutsch-Balten

Totale bevolking: ~10 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Letland Letland ~3 311
Vlag van Litaue Litaue 2 000
Vlag van Estland Estland 1 870
Vlag van Duitsland Duitsland onbekend
Taal: Duits
Geloofsoortuiging: Christendom (Evangelies-Luthers, Rooms-Katoliek, Ortodoks)
Verwante etniese groepe: Duitsers, Estlanders, Lette, Litauers

Baltiese Duitsers was oorspronklik 'n Duitssprekende minderheid in die gebied van die huidige Estland en Letland wat vanaf die 12de eeu geïmmigreer en as heersende klas groot invloed op die kultuur en taal van die inheemse Estiese en Letse bevolking uitgeoefen het.

Baltiese Duitsers het die adelsklas en grotendeels ook die bourgeoisie in die oorspronklike Baltiese provinsies Koerland, Lyfland, Estland en Ösel (tans Saaremaa) gevorm, maar het geen beduidende rol in Litaue gespeel nie.

Bekende Balties-Duitse persoonlikhede sluit die skrywer Werner Bergengruen, Siegfried von Vegesack, Robert Gernhardt en Gertrud von den Brincken, die regsgeleerde Boris Meissner, die chemikus Wilhelm Oswald, die dierkundige en ekoloog Jakob Johann von Uexküll, die komediant Heinz Erhardt, die Russiese admiraal (en bevelhebber van die Baltiese Vloot in die Eerste Wêreldoorlog) Nikolai von Essen, die Russiese generaal-veldmaarskalk Michael Barclay de Tolly, die ontdekkingsreisiger Adam Johann von Krusenstern, die religieus-politieke profeet en skryweres Juliane von Krüdener, die Struve-dinastie van sterrekundiges, die generaal Władysław Anders, maar ook die Nasionaal-Sosialistiese ideoloog Alfred Rosenberg in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search