Baltiese Tier

Die drie Baltiese Tiere, naamlik Estland, Letland en Litaue
'n Wolkekrabber van glas en staal in Tallinn, Estland, versinnebeeld Estland se ekonomiese opswaai
Die hoofkantoorgebou van die Luminor-bank in Skanste, Riga, Letland
Vilnius se moderne sakekern is 'n simbool van vinnige ekonomiese groei in Litaue

Baltiese Tier is 'n term wat gebruik is om na enige van die drie Baltiese lande Estland, Letland en Litaue te verwys, veral tydens die groot ekonomiese opswaai wat hierdie lande in die periode tussen 2000 en 2007 ervaar het. Die term volg die voorbeeld van die sogenaamde Vier Asiatiese Tiere, d.i. die vier Oos-Asiatiese lande Suid-Korea, Hongkong, die Republiek China en Singapoer, en die Keltiese Tier wat verwys na die Republiek Ierland, almal vinnig groeiende ekonomieë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search