Barkly-Oos

Barkly-Oos

(Barkly East)
Barkly-Oos is in Oos-Kaap
Barkly-Oos
Barkly-Oos
 Barkly-Oos se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 30°58′5″S 27°35′36″O / 30.96806°S 27.59333°O / -30.96806; 27.59333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikJoe Gqabi
MunisipaliteitSenqu
Stigting1873[1]
Oppervlak
 • Totaal16,80 km2 (6,49 vk. myl)
Hoogte
1 790 m (5 870 ft)
Bevolking
 (2011)[2]
 • Totaal9 986
 • Digtheid594/km2 (1 540/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense2.9%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense6.2%
 • Swart mense90.4%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Xhosa 74.6%
 • Sotho 11.7%
 • Engels 2.6%
 • Afrikaans 8.6%
 • Ander 2.5%
Poskode (strate)
9786
Poskode (posbusse)
9786
Skakelkode045
Webwerfhttp://www.barklyeast.co.za/
Die munisipale kantoor, waarin ook die stadsaal is.
Die Old Mill Inn Restaurant & Pub word gehuisves in die meer as 'n eeu oue gebou wat oorspronklik die graanmeule was.
Die landdroskantoor op Barkly-Oos, ingewy op 17 Junie 1896 en vandag nog as sodanig in gebruik.

Barkly-Oos is 'n dorp in die provinsie Oos-Kaap sowat 116 km suidoos van Aliwal-Noord.

Dit is in 1874 aangelê op die plaas Rockey Park en genoem na sir Henry Barkly, goewerneur van die Kaap van 1870 tot 1877. Munisipale status is in 1881 verwerf. Op 1 813 meter bo seevlak is dit een van die hoogsliggende plekke in Suid-Afrika. Tiffendell, Suid-Afrika se enigste ski-oord, lê naby die dorp. Barkly-Oos is die sentrum van die belangrike wolproduserende distrik New England.

Die bevolking in 1978 was 13 176, waarvan 1 637 wit was.

  1. "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 1 Mei 2013.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek Barkly-Oos". Sensus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search