Barnsteenkamer

Die gerekonstrueerde Barnsteenkamer

Die oorspronklike Barnsteenkamer, 'n kamer wat in opdrag van die Pruisiese koning Frederik I met muurversierings uit barnsteenelemente vervaardig is, was aanvanklik in die stadskasteel van Berlyn ingebou. In 1716 het die Pruisiese koning Frederik Willem I dit aan die Russiese tsaar Pieter die Grote geskenk. Byna twee eeue lank het die Katharina-paleis in Tsarskoje Selo naby Sint Petersburg die kosbare kamer gehuisves. Vanaf 1942 is die Barnsteenkamer in die Koningsbergse Slot vertoon, maar teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het dit spoorloos verdwyn.

Die gerekonstrueerde Barnsteenkamer word sedert 2003 in die Katharina-paleis vertoon.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search