Belgiese nasionale rugbyspan

België
Unie Belgiese Rugbyfederasie (FBRB)
Bynaam(e) Zwarte Duivels (nl) / Diables noir (fr) / Schwarze Teufel (de) (Swart duiwels)
Embleem Belgiese leeu
Stadion Nelson Mandela-stadion, Brussel
Afrigter(s) Vlag van Frankryk Laurent Dossat (sedert 2024)
Kaptein(s) Jens Torfs
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Thomas Dienst (27)[1]
Meeste punte Alan Williams (173)[2]
Meeste drieë Thomas de Molder (5)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Nederland Nederland 0–6 België Vlag van België
(Amsterdam, Nederland; 1 Julie 1930)
Grootste oorwinning
Vlag van België België 94–3 Verenigde Arabiese Emirate Vlag van Verenigde Arabiese Emirate
(Doebai, Verenigde Arabiese Emirate; 8 Desember 2012)
Grootste nederlaag
Vlag van Spanje Spanje 77–0 België Vlag van België
(Madrid, Spanje; 8 Desember 1996)
Unie webwerf
www.rugby.be

Die Belgiese nasionale rugbyspan (Duits: Belgische Rugby-Union-Nationalmannschaft; Frans: Équipe nationale de Belgique de Rugby de XV; Nederlands: Belgisch rugbyteam) is die nasionale rugbyspan wat België in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in België geadministreer deur die Belgiese Rugbyfederasie (FBRB) wat in 1931 gestig is. Hulle dra die bynaam “Swart duiwels”. België word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Belgiese rugbyspan is tans (April 2024) 28ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

België het op 1 Julie 1930 in sy eerste toetswedstryd teen Nederland gespeel en met 6–0 gewen. In die daaropvolgende jare het albei spanne gereeld ontmoet. Van die ander opponente in die begintydperk was Italië en Duitsland. Sedert die 2000’s het die rugbysport in België verder ontwikkel en die keurspan lok intussen gereeld skare van sowat 1 000 tydens tuiswedstryde. Hulle ding in die Europese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 14 April 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 14 April 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 14 April 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 14 April 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search