Bengaalse nasionale krieketspan

Bangladesj
Kenteken van die Bengaalse nasionale krieketspan
BynaamThe Tigers („die tiere“)
KonferensieBengaalse Krieketraad (BCB)
Personeel
KapteinNajmul Hossain Shanto
AfrigterVlag van Sri Lanka Chandika Hathurusingha
Geskiedenis
Toetsstatus verkry2000
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1977)
Volle lid (2000)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[5] Beste rang tot dusver
Toetsrang9de8ste (1 Mei 2018)[1]
EDI8ste6de (25 Mei 2017)[2]
T20I9de4de (22 Julie 2012)[3][4]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Indië Indië op Bangabandhu Nasionale stadion, Dhaka; 10–13 November 2000
Laaste toetst Vlag van Sri Lanka Sri Lanka op Zahur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 30 Maart–3 April 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]14219/105 (13,38%)
(0 gelykop, 18 onbeslis)
Vanjaar[7]20/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
2/2 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslag9de plek (in 2019–2021 en 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Pakistan Pakistan op Tyronne Fernando-stadion, Moratuwa; 31 Maart 1986
Laaste EDIt Vlag van Sri Lanka Sri Lanka op Zahur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 18 Maart 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]438159/269 (36,30%)
(0 gelykop, 10 onbeslis)
Vanjaar[9]32/1
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings7/13 (eerste in 1999)
Beste uitslagKwarteindrondte (in 2015)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 1979)
Beste uitslagKampioen (in 1997)
Kampioenetrofee-verskynings5/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagHalfeindrondte (in 2017)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Zimbabwe Zimbabwe op Sheikh Abu Naser-stadion, Khulna; 28 November 2006
Laaste T20It Vlag van Afghanistan Afghanistan op Arnos Vale-stadion, Kingstown; 24 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[10]17668/104 (38,63%)
(0 gelykop, 4 onbeslis)
Vanjaar[11]189/9
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagTweede rondte (in 2007, 2014, 2016, 2021, 2022 en 2024)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Bengaalse nasionale krieketspan (Bengaals: বাংলাদেশ জাতীয় ক্রিকেট দল), met die bynaam The Tigers,[12] is die nasionale krieketspan wat Bangladesj in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Bengaalse Krieketraad (BCB, van Engels: Bangladesh Cricket Board) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Bangladesj het sy eerste toetswedstryd in November 2000 teen Indië in Dhaka gespeel en sodoende die tiende land, en die vierde in Asië, met toetsstatus geword.

Bangladesj se eerste vertoning in internasionale krieket was tydens die IKR-trofee 1979 in Engeland. Hulle beëindig dié toernooi met twee oorwinnings en twee nederlae. Sewe jaar later, op 31 Maart 1986 tydens die Asiatiese Beker, speel Bangladesj in sy eerste internasionale eendagwedstryd teen Pakistan. Bangladesj wen die IKR-trofee 1997 in Maleisië. Deur die toernooi te wen het Bangladesj vir die eerste keer ook vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer. Tydens dié toernooi het hulle onder andere Pakistan en Skotland verslaan. Oor ’n lang tydperk was sokker die gewildste sport in Bangladesj, maar krieket het geleidelik gewildheid verwerf – veral in stedelike gebiede – en teen die 1990’s sokker verbygesteek. Op 26 Junie 2000 is Bangladesj se vordering in internasionale krieket met toetsstatus beloon.

In 1997 word Bangladesj ’n gereelde lid van die IKR met die reg om internasionale eendagwedstryde te speel. Hulle verwerf op 26 Junie 2000 die status van ’n toetskrieketland. Bangladesj hou die rekord vir die meeste verloorslae agtereenvolgens in toetse (21 tussen 1999 en 2002) en eendagwedstryde (23 tussen 2001 en 2004). Nadat hulle toetsstatus verkry het, moes Bangladesj tot in 2004 vir sy eerste EDI-oorwinning sedert die Krieketwêreldbeker 1999 wag. Die span wat Bangladesj tydens dié geleentheid gewen het, was Zimbabwe, wat Bangladesj ook in hul eerste toetsoorwinning in 2005 verslaan het; nadat hulle die tweede toets geëwenaar het, het Bangladesj sy eerste toetsreeks gewen. In 2009 vertrek Bangladesj vir twee toetse na Wes-Indië en nadat hulle albei gewen het, beklink Bangladesj sy eerste oorsese toetsreeks.

Teen 25 Junie 2024 het Bangladesj in 142 toetswedstryde gespeel, waarvan hulle 19 gewen het. Hul eerste oorwinning was oor Zimbabwe, en die volgende twee teen Wes-Indië. Veral tuis het hulle al goed presteer en onbeslis teen Nieu-Seeland, Pakistan, Indië en Suid-Afrika gespeel, maar ook oorwinnings oor Engeland, Sri Lanka en Australië aangeteken.[13] Tydens hul 2016/17-toer na Sri Lanka het Bangladesj in Maart 2017 sy 100ste toetswedstryd gespeel.[14]

Bangladesj is meer suksesvol wat EDIs betref, hulle het 159 van hul 438 EDI-wedstryde gewen.[15] Bangladesj het ook al 176 Twintig20-wedstryde gespeel, waarvan hulle 68 gewen het.[16] Bangladesj is tans (Junie 2024) negende op die IKR-toetsranglys, agtste op die eendagranglys en negende op die Twintig20-wêreldranglys.[17][18][19]

  1. (en) "Bangladesh rise to no 8 in ICC test rankings". Dhaka Tribiune. 1 Mei 2018. Besoek op 25 Junie 2024.
  2. (en) "Bangladesh rise no 6 in odi rankings". ESPNcricinfo. 25 Mei 2017. Besoek op 25 Junie 2024.
  3. (en) "Bangladesh surpass Pak, Aus in T20 rankings". News18. 22 Julie 2012. Besoek op 25 Junie 2024.
  4. (en) "Bangladesh to play extra T20 in Netherlands". ESPNcricinfo. 24 Julie 2012. Besoek op 25 Junie 2024.
  5. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  6. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  11. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  12. (en) "Cricket World Cup: Bangladesh head coach Steve Rhodes looks to upset England after turbulent year". BBC. 6 Junie 2019. Besoek op 25 Junie 2024.
  13. (en) "Records / Test matches / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  14. (en) "Bangladesh to play 100th Test in March". ESPNcricinfo. 17 Februarie 2017. Besoek op 25 Junie 2024.
  15. (en) "Records / One-Day Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  16. (en) "Records / Twenty20 Internationals / Team records / Results summary". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2024.
  17. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 25 Junie 2024.
  18. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 25 Junie 2024.
  19. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 21 Junie 2024. Besoek op 25 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search