Beton

Die tekstuur van moderne beton

Beton (afgelei van die Franse term béton) is 'n werkbare plastiese mengsel van droë bestanddele soos gruis (gebreekte klip), sand (riviersand) en sement in spesifieke proporsies wat met water aangemaak word.[1] Hierdeur ontstaan 'n vloeibare massa wat maklik in die gewenste vorm gebring kan word en toegelaat word om te verhard. As hidrouliese bindmiddel reageer sement chemies met water en ander vaste bestanddele en vorm uiteindelik 'n soliede matriks waarin alle uitgangsmateriale saamgebind word tot 'n harde en duursame steenagtige materiaal wat veral by bouwerk gebruik word.

Die invloed van die sementvervaardigingproses op die omgewingsbalans is egter verontrustend. Dit veroorsaak tussen ses en agt persent van die totale wêreldwye koolstofdioksied-vrystellings.[2]

  1. Trevor Haas, Neil Simons en John Ellis: Siviele Tegnologie - Leerderboek vir Graad 12. Braamfontein: Future Managers 2013, bl. 233
  2. chemietechnik.de, 25 Maart 2019: Klimabilanz der Zementindustrie. Besoek op 28 Januarie 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search