Bitcoin in El Salvador

Regsstatus van bitcoin ██ Wettige betaalmiddel ██ Toelaatbaar (wettig om bitcoin te gebruik) ██ Omstrede (sommige wetlike beperkings op die gebruik van bitcoin) ██ Omstrede (interpretasie van ou wette, maar bitcoin word nie direk verbied nie) ██ Beperkend (volledige of gedeeltelike verbod) ██ Geen data

El Salvador het die eerste land in die wêreld geword wat bitcoin as wettige betaalmiddel gebruik het, nadat dit in 2021 deur die Wetgewende Vergadering van El Salvador goedgekeur is. Nayib Bukele, die president van El Salvador, het hom daarvoor beywer. Hy het beweer dat dit die ekonomie sal verbeter deur sodoende die bankwese vir Salvadorane makliker te maak, en ook buitelandse investering sal aanmoedig. Die besluit is beide internasionaal en binne El Salvador gekritiseer weens die wisselvalligheid van bitcoin, die omgewingsimpak daarvan en die gevolglike gebrek aan deursigtigheid rakende die regering se fiskale beleid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search