Bloudwaalster

’n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop van NGC 6397, met ’n paar helder bloudwaalsterre.[1]

’n Bloudwaalster of blou-agterblyer is ’n hoofreeksster in ’n oop of bolvormige sterreswerm wat helderder en blouer as ander sterre in die swerm is. Dit is in 1953 die eerste keer ontdek deur Allan Sandage in die bolswerm Messier 3.[2][3]

Volgens teorieë van sterevolusie behoort die posisie van ’n ster op die Hertzsprung-Russell-diagram feitlik alleenlik bepaal te word deur die aanvanklike massa van die ster en sy ouderdom. In ’n sterreswerm word sterre almal min of meer op dieselfde tyd gevorm en al die sterre behoort dus op die H-R-diagram op ’n duidelik gedefinieerde kurwe te lê wat bepaal word deur die ouderdom van die swerm, met die posisie van individuele sterre op die kurwe alleenlik na gelang van hul aanvanklike massa. Met massas van twee tot drie keer dié van die res van die hoofreekssterre in ’n swerm, lyk dit of bloudwaalsterre ’n uitsondering op die reël is.[4] Die rede is waarskynlik ’n interaksie tussen twee of meer sterre in die digte omgewing van die sterreswerm waarin die bloudwaalsterre hulle bevind.

  1. "Too Close for Comfort". Hubble Site (in Engels). NASA. 7 Augustus 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2016. Besoek op 21 Januarie 2010.
  2. Sandage, Allan (1953). "The color-magnitude diagram for the globular cluster M3". The Astronomical Journal. 58: 61–75. Bibcode:1953AJ.....58...61S. doi:10.1086/106822.
  3. John Noble Wilford (27 Augustus 1991). "Cannibal Stars Find a Fountain of Youth". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 18 Januarie 2010.
  4. "Astronomy Picture of the Day – Blue Stragglers in NGC 6397" (in Engels). 22 Junie 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2010. Besoek op 18 Januarie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search