Boeddha

'n Boeddhabeeld in Borobudur, Indonesië.

’n Boeddha is ’n persoon wat boeddhaskap bereik het. Dit kan ook verwys na die historiese Boeddha, Siddhartha Gautama (563 v.C. – 483 v.C.)

Die woord "boeddha" kom voor in Sanskrit, Pali en ander tale en beteken letterlik "Verligte Een" (van die Sanskrit "√budh", om te verrys). Maar Boeddha beteken ook die "Ontwaakte" en "die met 'n allesomvattend insig". Streng gesproke is 'n Boeddha iemand wat op eie stoom volledig ontwaak is, en sy kennis met ander deel sodat hulle ook kan ontwaak. Breër gesproke is elke volledig ontwaakte persoon 'n Boeddha.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search