Boerejode

Moenie verwar word met Bergjode nie.
Boerejode

Totale bevolking: onbekend
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal: Jiddisj, Afrikaans, Hebreeus
Geloofsoortuiging: Judaïsme
Verwante etniese groepe: Afrikaners, Jode, Asjkenasiese Jode, Bergjode, Bene Israel, Beta Israel, Mizrachi-Jode en Sefardiese Jode

Die Boerejode (of Afrikanerjode) is die afstammelinge vanuit die Afrikanerdom en die Jodedom. Aan die begin van die 19de eeu, toe groter geloofsvryheid in Suid-Afrika bekendgestel is, het ’n klein getal Asjkenasiese Jode vanuit die Verenigde Koninkryk en Duitsland geëmigreer. Die eerste Suid-Afrikaanse Asjkenasiese gemeente is in 1841 gestig. Tussen die laat 19de eeu en 1930 het groot getalle uit Litaue en Letland na Suid-Afrika verhuis. Hul kultuur en bydrae het die karakter van die Suid-Afrikaanse gemeenskap verander.

Volgens die Suid-Afrikaanse Jodemuseum het “baie van die latere immigrante met niks anders as hul spitsvondigheid en ervaring hier aangekom nie. Die meeste was tydens hul aankoms nie Engels magtig nie. Dikwels sou hulle eers Afrikaans voor Engels aangeleer het. Hierdie huishoudings was veeltalig, in die sin dat die ouers Jiddisj en Afrikaans gepraat het, terwyl die kinders Engels op skool geleer het.”


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search